Agri-Uur 12 Oktober Joe Scholtz

Loading player...
Pofadder-moord: Nog 'n boer verlore vir landbou

Die moord op 'n deeltydse boer en 'n plaaslike hoteleienaar van Pofadder in die Noord-Kaap, het opnuut skokgolwe deur die plaaslike landbougemeenskap gestuur. Dit kom nadat Leon Brits se liggaam Woensdag by sy huis op dié dorp gevind is. Hy is vermoedelik verwurg en met 'n skerp voorwerp aangeval. Hy is ook na bewering met 'n honde ketting verwurg, waarna sy liggaam in sy swembad gegooi is. Sy vrou Suretha het op sy liggaam afgekom. Die voorsitter van Agri Noord-Kaap se komitee vir landelike veiligheid en veediefstal, Joe Scholtz, sê dit is met groot hartseer dat dié organisasie van dié moord verneem het. Dit het plaasgevind 'n dag nadat honderde mense opgeruk het na Senekal om onder meer hul stem dik te maak teen plaasmoorde. Honderde Mense, wat boere insluit, het na Senekal gestroom om Brendin Horner, 'n plaasbestuurder van Paul Roux, se naasbestaandes te ondersteun, nadat hy op 'n plaas in dié gebied vermoor is. Twee verdagtes het verlede Dinsdag weens Horner se moord die plaaslike landdroshof verskyn. Scholtz sê Brits se moord is 'n groot terugslag vir landbou in geheel. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Scholtz, gepraat...
12 Oct 2020 1AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min