Agri-Uur 12 Oktober Kobus Laubscher

Loading player...
Landbou-ekonoom: Senekal-gebeure het landboubeeld skade berokken
Die drama wat ontvou het tydens 'n byeenkoms deur honderde mense in Senekal verlede Dinsdag toe twee moordverdagtes in die plaaslike landdroshof verskyn het weens die moord op die jong Brendin Horner van Paul Roux, het die beeld van landbou negatief geraak. Dit is volgens die landbou-ekonoom Kobus Laubsher, wat meen elke mens het die reg om sy mening uit te spreek, maar dit gaan egter oor die wyse waarop dit geskied het. 'n Polisievangwa is ook tydens dié gebeure omgekeer en was later in ligte laaie. Skote is ook afgevuur en skokgranate is gebruik. Laubsher meen dit was 'n "ongelukkige geleentheid. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
12 Oct 2020 1AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min