Agri-Uur 14 Oktober Chris Hattingh

Loading player...
Vreedsame Potch-samekoms teen sinnelose moorde was nodig

'n Vreedsame samekoms buite die landdroshof in Potchefstroom deur 'n klein groep mense ter ondersteuning van die naasbestaandes van die vermoorde Sias Willemse, 'n deeltydse boer, sakeman en bekende in plaaslike sportkringe, was nodig. Dit is volgens die kiesafdelingshoof van die DA in die JB marks-munisipaliteit, wat die hofverskyning van drie verdagtes weens die Willemse-moord gister bygewoon het. Die DA is deel van belanggroepe insluitende die landbou-organisasies, Agri Noordwes, Saai en TLU SA, en Afriforum en die Vryheidsfront Plus, wat 'n gesamentlike verklaring uitgestuur het oor die vlaag van sinnelose en wrede onlangse moorde in dié provinsie. Hatting sê moorde en ook plaasmoorde het 'n emosionele kwessie geword, veral weens politieke uitlatings deur Bheki Cele, minister van polisie, en pres. Cyril Ramaphosa. Hy glo egter daar moet op 'n veranwoordelike wyse rustigheid kom, terwyl dié kwessies aangespreek word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat....
14 Oct 2020 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min