Agri-Uur 14 Oktober Kempen Nel

Loading player...
Koffiefontein boere en polisie vinnig op hul pos #plaasaanvalle

Boere asook die polisie in die Koffiefontein-distrik in die Vrystaat het vinnig opgetree en 'n soektog van stapel gestuur, nadat 'n boer buite sy plaashuis aangeval is. Andries Myburgh het Maandag middagete in sy huis op die plaas Vandermerwesdam geëet toe hy rook geruik het. Hy het ondersoek gaan instel waarna hy volgens polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, met 'n voorwerp oor die kop geslaan is. Myburgh kon daarin slaag om sy aanvaller weg te druk, waarna nog 'n booswig hom met 'n mes aangeval het. Daar is petrol oor hom uigegooi en dit is aan die brand gesteek. Myburgh kon skote op die twee aanvallers afvuur, waarna hulle te voet op die vlug geslaan het. Myburgh het besef hy is aan die brand en het na sy swembad gehardloop en ingespring om die vlamme te blus. Hy het sy bure en die polisie se hulp ontbied. Kempen Nel, veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL) se streek 18 in dié distrik, sê daar was vinnige raksie van beide die polisie en boere. Die polisie se honde-eenheid was ook teenwoordig en 'n helikopter is beskikbaar gestel. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Nel gepraat...
14 Oct 2020 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min