Agri-Uur 14 Oktober Herkie Viljoen

Loading player...
Landbou is positief na Cele veediefstal in Oos-Vrystaat wil ondersoek

Betrokkenes in landbou in die Oos-Vrystaat is positief oor die uitkoms van die vergadering met die polisieminister Bheki Cele in die Paul Roux-distrik. Cele het gister die familie van die vermoorde Brendin Horner, 'n plaaslike plaasbestuurder, besoekDit was 'n private aangeleentheid op die plaas Granspan. Hy het daarna met georganiseerde landboustrukture in die plaaslike landbousaal vergader. Herkie Viljoen, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se veiligheidskomitee in die Bethlehem distrik, sê hy is positief oor dié vergadering en dit het sy verwagtinge oortref, hoewel dit slegs die begin van 'n lang proses is. Viljoen sê die gesindheid waarin die hele vergadering plaasgevind het was kalm en daar was geen rasse-agenda gewees nie. Veediefstal het onder die loep gekom. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
14 Oct 2020 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min