Agri-Uur 19 Oktober Borrie

Loading player...
#BrendinHorner Erediens gehou, terwyl Senekal 'n warreboel is
'n Groot groep mense, waaronder boere, was Vrydag byeen op 'n plaas tussen Senekal en Paul Roux vir 'n gewyde erediens. Dit het plaasgevind terwyl alle oë gevestig was op gebeure in Senekal in die Vrystaat waar twee verdagtes in die landdroshof in Senekal verskyn het in verband met die moord op die jong Brendin Horner op 'n plaas in dié distrik. Mense van oor die land heen het na Senekal opgruk, terwyl 'n groot groep mense op Borrie Erasmus, eienaar van Biddulphsberg , se plaas byeen was. Erasmus sê 'n erediens is gehou op sy plaas en dit is goed bygewoon deur gemeenskappe. Daar was lede van verskeie belangegroepe en landbou-organisasies. Erasmus sê hy het sy plaas beskikbaar gestel nadat hy genader is deur organiseerders, wat hoofsaaklik chaos met die hofverskyning in Senekal wou vermy. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Erasmus gepraat...
19 Oct 2020 1AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min