Agri-Uur Francois Wilken

Loading player...
Vrystaatse boere steun op veevoerskenings na wegholbrande

Duisende hektaar grasveld in die Hertzogville, Boshof en Dealesville distrik in die Vrystaat is in wegholveldbrande verwoes. Honderde stuks vee, wild en strukture op plase het in die slag gebly. Dit word beskou as die mees verwoestende brande in dié distrik in die afgelope paar jaar met sowat 100 000 hektaar weiveld. wat na raming afgebrand het. Daar is nou 'n groot behoefte aan veevoer vir diere wat 'n vlammedood vrygespring het, omdat daar op sekere plase niks meer natuurlike weiding oor is nie. Vrystaat Landbou (VL) het daarom R100 000 uit sy Rampfonds beskikbaar gestel vir hoofsaaklik brandstofdoeleindes, sodat veevoerskenkings by dié boere in nood kan uitkom. Francois Wilken, president van VL doen 'n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en hulp te verleen. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Wilken gepraat...
21 Oct 2020 12AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min