Agri-Uur Gys Olivier

Loading player...
Hertzogville-brande: Veeverliese 'n emosionele kwessie vir boere

Die verlies aan vee, strukture en weiveld in die Hertzogville, Boshof, Dealesville en selfs die Hoopstad gebied is baie groot, nadat 'n brand Sondag in Hertzogville ontstaan en vinnig versprei het. Die brand het na bewering uitgebreek toe inwoners van die plaaslike township oor waterkwessies betook het. Gys Olivier, voorsitter van Agri Hertzogville, sê honderde miljoen rande se skade is aangerig en na raming het sowat 100 000 hektaar weiveld in die slag gebly. Hy sê boere is hartseer oor hul veeverliese, want dit is 'n emosionele kwessie, maar hulle is geensins moedeloos nie. Volgens Olivier is daar ook groot dankbaarheid onder dié boere vir veevoerskenings wat broodnodig is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Olivier gepraat...
21 Oct 2020 12AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min