Maroela Media ToekomsVenster

ToekomsVenster

"ToekomsVenster" is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek toekomsvenster.co.za.
Daily Afrikaans South Africa Christianity
1,960 Episodes
780 – 800

ToekomsVenster: Hoe kan ek jou dien?

Soos die spreuk sê: “iemand op sy voete help”. Dis dien sodat iemand self ʼn dienaar kan word. Dis die wese van dissipelskap.
16 Nov 2022 3AM 2 min

ToekomsVenster: Reën van bo

Mag die Here reën gee. Hemelse reën wat ons sal was, skoon sal was, en sal toerus vir ʼn nuwe seisoen van groei.
16 Nov 2022 2AM 3 min

ToekomsVenster: God is in beheer

Iewers sê die Bybel – “moenie ontsteld wees nie. Glo in God, glo ook in my. In die huis van my Vader is daar baie woonplek. Ek gaan om vir julle plek voor te berei”.
10 Nov 2022 12PM 3 min

ToekomsVenster: Laat U Koninkryk kom

Al sal ons die volheid daarvan dalk nie beleef nie, ons het immers steeds deel aan ʼn gebroke wêreld, kan tekens van God se naderende Koninkryk toenemend sigbaar word. Watter rol kan jy speel in so ʼn wêreld?
3 Nov 2022 11AM 4 min

ToekomsVenster: Die oorlogsbasuin

Die lied het op eie bodem beslag gekry in wat bekend staan as die “Oorwinningslied”. Daar is weliswaar minder protes daarin verwoord maar belydenis dat God steeds en altyd in beheer sal wees, is duidelik.
2 Nov 2022 1PM 4 min

ToekomsVenster: Toe val die lig

Ek verkies om uit die genadige voorsiening van God te leef. Ek verkies om te glo dat niks, maar niks sonder sy wil gebeur nie, selfs al verstaan ek dit nie.
31 Oct 2022 12PM 3 min

ToekomsVenster: Om net te bestaan is nie leef nie

Dit is om te leef uit die beloftes in God se Woord, om die inwoning van sy Gees te beleef, die influistering van sy stem, die gemeenskap met medegelowiges. Dit is ook genoeg. Wie dit beleef het niks meer nodig nie.
24 Oct 2022 10PM 3 min

ToekomsVenster: Voel jy die genade?

Dalk kyk ons nie meer nie, en as ons kyk sien ons nie meer nie, en as ons sien gryp dit ons nie meer aan die hart nie. Sê my, voel jy die genade?
24 Oct 2022 10PM 2 min

ToekomsVenster: Pasop vir jou eie refleksie

Die geheim is ʼn gesonde, Godverheerlikende, balans. Dit is nie verkeerd om mooi dinge te hê en groter hoogtes te bereik nie. As dit egter voortdurend jou fokus is, mag jy baie teleurgesteld wees.
20 Oct 2022 10AM 3 min

ToekomsVenster: Kom Jesus dan terug op 27 Maart 2027?

Jesus kom weer, dis ʼn feit. Wanneer weet niemand nie, ook nie my slim Bybelstudente nie. Net die Vader weet, sê die Bybel. Intussen disintegreer die wêreld rondom ons. Dis die goed wat ons aandag, entoesiasme, energie, fokus en investering verdien.
20 Oct 2022 10AM 2 min
780 – 800