Namibië se voedselinflasie het in Junie 2025 tot 6,4 persent gestyg, teenoor 4,3 persnet in Junie 2023. Volgens die Voedsel- en Landbou-organisasie is die styging hoofsaaklik te wyte aan hoër vleis-, vrugte- en groentepryse, terwyl stapelvoedsel soos brood en graan stadiger stygings getoon het. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus…
Krieket Namibië se Ashburton Kwata Mini-Krieketprogram het 'n wêreldwye toekenning by die IKR se Jaarlikse Algemene Vergadering verower. Die voetsoolvlak-inisiatief, wat in al 14 streke aktief is en in openbare skole geïntegreer is, het 58 560 deelnemers in 2024 aangeteken – wat die gekombineerde totale van alle Afrika-nasies oortref. Met…
VeldBridge Holdings, 'n beleggingsmaatskappy wat in die Kaaiman-eilande geïnkorporeer is, het 'n aanbod gemaak om die volle aandelebesit van Trustco se stigter en uitvoerende hoof, dr. Quinton van Rooyen, te bekom. Die transaksie sal Trustco toegang gee tot nuwe finansiering. 'n Voorwaarde van die aanbod is egter dat Trustco sy…
Jaarlikse inflasie was in Julie 3,5 persent teenoor 3,7 persent in Junie, maar voedselpryse bly hoog. Voedselinflasie was 6,1 persent met veral vleis, vis en groente wat geklim het. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Tannan Groenewald gepraat.
President Cyril Ramaphosa sê die Nasionale Dialoog sal op 15 Augustus voortgaan ten spyte van die onttrekking van ses groot stigtings, insluitend dié van Thabo Mbeki, Steve Biko en FW de Klerk. Die groepe beskuldig die regering dat hulle beheer oorneem oor wat 'n burgergeleide proses behoort te wees en…
Geen ernstige misdaadvoorvalle is Vrydagaand tydens die Copps 94.1-skof saam met die Windhoekse stadspolisie aangemeld nie. Groepies jong kinders in die strate van die hoofstad is deursoek en gemaan om waaksaam te wees. Senior-inspekteur Silas Shipandeni doen verslag:
President Donald Trump van Amerika vergader volgende Vrydag met sy Russiese eweknie Vladimir Putin in Alaska om ‘n einde aan die voortslepende oorlog in die Oekraïne te probeer bring. Dit sal die eerste keer sedert 2021 wees dat die leiers van dié twee supermoonthede ontmoet. Trump het Vrydag gesê die…
Die DA het belowe om vroue en meisies in Komani, Oos-Kaap, te beskerm, waar geslagsgeweldsyfers die hoogte inskiet. Die leier van die DA se Enoch Mgijima-kiesafdeling, Chantel King, het op 'n Vrouedag-betoging gesê die dorp het te kampe met 'n noodtoestand, met 158 verkragtings wat binne 'n jaar aangemeld is…
Petrofund het aangekondig dat hy drie Namibiese gegradueerdes na die Nederlandse Maritieme Universiteitskollege in Maleisië stuur. Die Nust gegradueerdes Leonard Johannes, Erasmus Shikongo en Ricardo Samuyumbe sal gespesialiseerde opleiding ondergaan om afstandbeheerde voertuigtegnieke vir ondersese bedrywighede uit te voer. Petrofund-woordvoerder Shoki Kandjimi het meer besonderhede.
Swem: Die driemalige Olimpiese goue-medalje wenner, Adam Peaty sê hy moet by volgende jaar se Statebondspele in Glasgow goed presteer as hy weer 'n kans wil hê om by die Olimpiese Spele in 2028 uit te blink. Die 30-jarige Engelsman het na die Spele in Parys 'n blaaskans gevat om…
Die Namibiese studentehulpfonds het meer inligting gegee oor die fonds se betaling van studenteskuld by instansies sodat hulle hul kwalifikasie kan ontvang en werk kan soek. Die fondse is in die vorm van ‘n lening en meer as 7 000 studente is reeds bygestaan. Woordvoerder Percy Tjahere sê aan Kosmos…
Die 2025 RMC Namibië Rotax-trofee sal op Swakopmund se R+R-renbaan môre plaasvind. Afrika se beste Rotax-knortjorre het op Namibië toegesak vir 'n kragmeting van spoed, vaardigheid en kampioenskapdrome. Aksie skop om seweuur môreoggend af en sluit sesuur met die prysuitdeling af. Francois Lottering van Motor Media Namibia het al die…
Die Nasionale Unie van Namibiese Werkers skryf die hoë ongeletterdheidsyfer in Namibië toe aan die land se klem op die gebruik van die Engelse taal. Dit kom nadat die minister van onderwys, Sanet Steenkamp, onthul het dat 9 uit 10 leerders wat 10 jaar en jonger is, nie 'n eenvoudige…
Reaksie word ontvang op die verskerping van maatreëls om byvangste te beperk en oortreders te straf. Die kabinet het goedkeuring gegee dat die lynministerie uitvoerbare maatreëls instel om byvangsvlakke te verminder en mariene hulpbronne te beskerm. Dit sluit in 'n 2 persent byvangsdrempel wat deur die maatskappy behou mag word,…
Uitspraak moet nog gelewer word in die borgtog-aansoek van Immanuel Mulunga en ander aangeklaagdes in die Namcor-skandaal in die Windhoek-landdroshof, aangesien die saak tot Maandag uitgestel is. Die Staat staan borgtog teen en voer aan dat die ernstige aard van die beweerde misdade die toestaan van borgtog onregverdig sou maak…
Die sogenaamde Epstein-lêers bly in die nuus en teister die Amerikaanse president Donald Trump. Die publiek en lede van sy eie MAGA-faksie eis dat die dokumente bekend gemaak word en daar is gerugte Trump word genoem. Trump het onlangs dit afgemaak as ‘n foefie.
Namibië se jaarlikse inflasie het effens verstadig na 3,5 persent in Julie teenoor 3,7 persent in Junie, maar voedselpryse bly hardnekkig hoog, met vleis, vis en groente wat huishoudelike koste dryf. Namate kerninflasie styg tot 3,9 persent, groei kommer oor die werklike lewenskoste vir gewone Namibiërs. Mirjam Shihepo van die…
Die Hooggeregshof in Pretoria het beslis die oorskot van die gewese Zambiese president, Edgar Lungu, moet gerepatrieer word vir 'n staatsbegrafnis. Dit beëindig 'n regsgeding tussen die Zambiese regering en sy familie, wat hom in Johannesburg wou begrawe. Lungu is twee maande gelede dood toe hy behandeling in Suid-Afrika ontvang…
8 Aug 8AM
1 min
3280 – 3300
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.