Eskom bring hulde aan sy voormalige nasionale woordvoerder, Khulu Phasiwe, wat in die ouderdom van 52 gesterf het. Hy was ten tye van sy dood die hoof van Korporatiewe Sake en Kommunikasie by Lugverkeer- en Navigasie-dienste. Hy het voorheen as senior kommunikasie-raadgewer en later as nasionale woordvoerder van Eskom gedien…
Landbouminister Inge Zaamwani sê maatreëls word ingestel om te verseker dat vee, in gebiede wat deur bek-en-klouseer geraak word, toegang tot water het. Sy sê die regering probeer met dié stap die beweging van diere tussen waterpunte beperk en om kontak tussen verskeie kuddes te vermy. Zaamwani het in die…
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die Russiese regering gevra vir meer inligting oor die dood van 'n werknemer by 'n Siberiese pesnavorsingseenheid. Dit sluit in besonderhede oor die laboratoriumtoetse wat op haar gedoen is, het die WGO se direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus in 'n media-inligtingsessie gesê. Die organisasie het Rusland ook gevra vir…
Zimbabwe se uitvoere na Namibië het verlede jaar op ongeveer 5 miljard Namibiese dollar te staan gekom, vergeleke met Namibiese uitvoere na Zimbabwe van sowat 46 miljard dollar. Die handelsurplus is grootliks deur die visserye- en brandstofsektore aangedryf. Jacqueline Nyathi, ZimTrade se bestuurder vir die suidelike streek, wat vir driedaagse…
Krieket: Australië se hoofafrigter, Andrew McDonald, het bevestig die veelsydige Cameron Green sal nie speel in die eerste toets teen Suid-Afrika wat Vrydag in Durban begin nie. Hy het verlede week 'n buikbesering opgedoen tydens die derde eendagwedstryd teen die Proteas in Potchefstroom. Australië sal nou waarskynlik tussen Cooper Connolly…
Agri SA se uitvoerende hoof, Johan Kotzé, sê Suid-Afrikaanse boere verkeer onder toenemende finansiële druk weens bek-en-klouseer, stygende insetkoste, laer winsvlakke en die gevaar van El Niño-toestande. Hy het in 'n onderhoud met Farmers Weekly sterker ontwikkelings-befondsing gevra vir boere wat nie toegang het tot tradisionele befondsing nie. Kotzé wil…
Agri SA se uitvoerende hoof, Johan Kotzé, sê Suid-Afrikaanse boere verkeer onder toenemende finansiële druk weens bek-en-klouseer, stygende insetkoste, laer winsvlakke en die gevaar van El Niño-toestande. Hy het in 'n onderhoud met Farmers Weekly sterker ontwikkelings-befondsing gevra vir boere wat nie toegang het tot tradisionele befondsing nie. Kotzé wil…
Die regering het 'n massa-ringinenting oor 11 plase in die Karasburg-distrik van stapel gestuur na die bek-en-klouseer uitbreking. Landbou-ontleder Wallie Roux sê die herwinning van Namibië se bek-en-klouseer-vrye status vereis proaktiewe voorkoming eerder as reaktiewe bestuur, en dring aan op deursigtigheid oor hoe die virus die bek-en-klouseer-vrye sone binnegekom het…
Die Namibiese kunstenaar Melissa Muller het twee algehele trofeë en verskeie medaljes in sang, toneelspel en dans by die 2026 Suid-Afrikaanse Uitvoerende Kunste-kampioenskappe gewen. Muller het goud in kletsrym en R&B verwerf, asook 'n eerste algehele oorwinning in die kitaarkategorie. Sy het haar dankbaarheid uitgespreek, haar ondersteuners bedank en haar…
PDM-leier McHenry Venaani sê 'n parlementêre hersiening moet gedoen word om meer van die Regeringsinstellings Pensioenfonds se 221,1 miljard Namibiese dollar-batebasis na binnelandse infrastruktuur, industrialisering en werkskepping te rig. Net 26,4 miljard dollar van die totaal is tans plaaslik belê. Venaani het belanghebbendes aangespoor om plaaslike beleggingshindernisse aan te spreek,…
2026 se Nobelprys vir Chemie is toegeken aan Henri Kagan van Frankryk en Kenso Soai van Japan vir hul baanbrekerswerk oor ingewikkelde chemiese reaksies en selfversterkende chemiese prosesse in asimmetriese organiese sintese. Dit help verduidelik waarom chemiese reaksies soms een vorm van 'n molekule bo 'n ander bevoordeel. Hiener Linke…
Landbouminister Inge Zaamwani het aangekondig dat inenting nou die mees lewensvatbare opsie is om die bek-en-klouseer-uitbreking in die Karasburg-distrik, waar 127 aktiewe gevalle op 15 kommersiële plase bevestig is, te bekamp. Die besmette gebied sal ook afgekordon word. Zaamwani het vanmiddag in die parlement gesê dat die Kabinet twee opsies…
PDM-parlementslid Winnie Moongo sê skandeerbare strepieskode-nommerplate alleen sal nie voertuigmisdaad beëindig sonder volle digitale afdwinging nie. Dit kom nadat die vervoerministerie nuwe skandeerbare nommerplate, duidelike blou nommerplate vir openbare vervoer en verpligte registrasie vir vervaardigers aangekondig het. Moongo het die stap verwelkom, maar sê dat sukses afhang van streng end-tot-end-opsporing…
Die Spesiale Ondersoekeenheid het 'n eenheid gestig om te monitor hoeveel van sy verwysings na die Nasionale Vervolgingsgesag op suksesvolle vervolgings uitloop. Die hoof, Leonard Lekgetho, het aan die Parlement se portefeuljekomitee oor Justisie gesê hulle het vanjaar reeds meer as 700 verwysings gedoen. Die komitee se voorsitter, Xola Nqola,…
Reaksie word ontvang op Namibië se toenemende binnelandse staatskuld, wat in September 168 miljard Namibiese dollar bereik het, 'n styging van 19 persent vergeleke met 'n jaar gelede. Die toename is aangedryf deur meer binnelandse geregistreerde effekte en tesourie-wissels. Die beleggingsontleder Kara van den Heever van Momentum sê dat staatslenings…
Die Padvragvereniging sê die jongste brandstofprys-styging gaan verdere druk op vervoerkoste en voorsieningskettings plaas wat ʼn uitwerking op produkpryse sal hê. Brandstof maak tussen 35- en 55-persent van bedryfskoste uit, afhangende van die operasie, tipe voertuig en roetes. Petrolpryse het met tussen drie-rand-12-sent en drie-rand-33-sent per liter gestyg, en dieselpryse…
Die FNB Kudus sien daarna uit om hul titel hierdie Saterdag teen FNB Wanderers te verdedig in 'n hoogs verwagte eindstryd van die Namibië-rugbyunie se Premierliga op die Hage Geingob-stadion. Kosmos 94.1 Nuus het met die Kudus se hoofafrigter, Cameron Langenhoven, gesels wat sê die span is in uitstekende vorm…
7 Oct 6AM
1 min
80 – 100
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.