Die All Blacks speel volgende week, op 6 Augustus, vir die eerste keer ‘n toets in Mbombela. Mireille het by ‘n paar plaaslike rugbyondersteuners gaan uitvind hóé baie hulle na hierdie Springbok-kragmeting uitsien.
Die winter skoolvakansie is lank, en kan ouers (en kinders) teen die mure uitdryf. Hoe baie sien Laeveldse kinders daarna uit dat die skole heropen? Denise het gaan uitvind.
Pelgrimsrus is 'n finalis in die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie en jy het slegs tot Vrydag 12:00 om vir hulle te stem. Stuur 'n SMS met "Pelgrimsrus" na 33157 en help om dié eer Laeveld toe te bring. Luiester hier na wat hierdie unieke dorp dorp so spesiaal maak.
Sporadiese, volgehoue protesoptrede het op 6 en 7 Julie 2022 die Laeveld erg ontwrig. Denise het met plaaslike sakeondernemings gesels oor hoe dit hulle geraak het.
Skoolvakansie is nie enige ouer se gunsteling tyd nie, grootendeels weens hul kinders se verveeldheid. Denise het met verskeie kinders gesels oor wat hulle tydens skoolvakansies doen.
Die SANParke Ereveldwagters skop Paasnaweek af met 'n veldtog om besoekers aan die Krugerwildtuin aan te moedig om nie rommel te strooi nie. Pieter en Elsabe de Bruyn van die Laeveld-streek verduidelik hoe groot die probleem is, en wat die impak daarvan op die natuurlewe is. Om meer uit te…
Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) het op 1 Julie in werking getree en onkunde is nie 'n verskoning nie. Plaaslike bemarkingsafrigter, Alison Blair, het raad met hoe maatskappye Popia aan hul werknemers kan verduidelik om te verseker almal voldoen aan die vereistes.
Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) het op 1 Julie in werking getree en onkunde is nie 'n verskoning nie. Plaaslike bemarkingsafrigter, Alison Blair, vertel hoe veral bemarkers heel eenvoudig hulself met dié wet kan belyn. Sy deel die agt maklike stappe met Sanett.
'n Ou vriendin daag in Katja se lewe op en help haar om die droom van die boek te verwesenlik. Daar is egter 'n onverwagse dood wat haar dalk kan kortwiek.
Katja ervaar weer 'n bevestiging dat sy Sade Van Genade moet skryf. Dit veroorsaak 'n dringendheid en gee haar geleentheid om op iets anders as die modebedryf te fokus.
Vir Katja is dit nie 'n maklike keuse om Ronald by 'n inrigting te sit vir sy kroniese siekte nie. Sy begin meer ernstig oor die skryf van 'n boek dink.
Ronald se sluimerende siekte kry hom nie onder om Katja uit die depressieput te hou nie. Hulle wonder of 'n nuwe reeks klere vir kinders iets is wat hulle moet aanpak.
Katja verval in 'n tweede depressie kort na die vorige een waar Ronald haar probeer opbeur het. Hy kom weer tot haar ondersteuning maar is dit genoeg om haar daar uit te kry?
Katja en Ronald se lewe op Ibiza kan dalk tot 'n einde kom as gevolg van Klara se depressie. Intussen ontwerp Katja die mooiste swemklere om haar aandag van die bekommernisse af te trek.
'n Moontlikheid van 'n klerefabriek op die pragtige Ibiza eiland steek sy kop uit. Katja is weer lus vir nuwe uitdagings en die speel so reg in haar kraal.
Gaan die trane loop by Friedenheim. Dis asof die tyd stil staan en niemand kry koers nie. Katja wil nie stagneer nie.
27 Aug 2021
13 min
160 – 180
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.