100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
960 – 980

R50 000 beloning vir inligting na Duitse toeris doodgeskiet is

Die Kruger-Laeveld-sakekamer het ‘n beloning van R50 000 uitgeloof vir inligting oor die verdagtes wat gistermiddag ‘n Duitse toeris tydens ‘n mislukte kaping doodgeskiet het. Volgens die polisie was ‘n groep van vier toeriste van Duitsland om ongeveer 16:30 op die R538 Numbi-pad onderweg na die Numbi-hek van die Krugerwildtuin…
4 Oct 2022 4AM 1 min

SA Ope Spele by Rob Ferreira aangebied

Atlete van sewe provinsies begin vandag deelneem aan die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir Intellektuele Gestremdes se SA Ope Spele. Dit word by Hoërskool Rob Ferreira aangebied in samewerking met die provinsiale departemente van onderwys en sport. Atlete ouer as 16 jaar sal meeding in atletiek, landloop, netbal, basketbal en futsal. Woordvoerder,…
3 Oct 2022 8AM 1 min

Mpumalanga-onderwysdepartement neem stappe om tienerswangerskappe aan te spreek

Die Departement van Onderwys in Mpumalanga sê dit is bekommerd oor meisies van skoolgaande ouderdom wat babas kry. Agt-duisend-830 leerlinge tussen 10 en 19 jaar oud het tussen April 2021 en Maart vanjaar geboorte gegee. Landwyd is die getal 90-duisend. Woordvoerder, Gerald Sambo, sê ‘n werkswinkel is verlede week gehou…
3 Oct 2022 6AM 1 min

Lenteklasse vir 2022-matrieks

Die Mpumalanga departement van Onderwys het vandag met lenteskool ekstraklasse vir graad. 12-leerlinge begin. Woordvoerder, Gerald Sambo, sê dit is gemik op alle skole wat verlede jaar ‘n slaagsyfer van minder as 70-persent behaal het. Die klasse word tot Vrydag by 133 sentrums aangebied deur onderwysers wat gekies is op…
3 Oct 2022 6AM 1 min

Ongeluk wat drie eis word ondersoek

Die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga ondersoek ‘n ongeluk wat gisteraand die lewe van drie mans geëis het. Volgens woordvoerder Moeti Mmusi was hulle om ongeveer 18:30 besig om ‘n band om te ruil van die minibus waarin hulle gery het tussen Karino en Kamagugu toe hulle van agter deur…
3 Oct 2022 5AM 1 min

'n Macadamia-boer is grusaam buite Mbombela vermoor

'n Boer is gisteraand grusaam op sy plaas by Sterkspruit buite Mbombela vermoor. Etienne du Toit het gaan waterpompe afsit en toe hy nie teruggekeer het huis toe nie, het sy seun in ‘n macadamia-boord op sy liggaam afgekom. Sy motorfiets, selfoon en kluissleutels sowel as ’n ysterstaaf is op…
30 Sep 2022 6AM 1 min

DA bekommerd oor landelike veiligheid na jongste plaasmoord

Die DA in Mpumalanga het ‘n beroep gedoen dat landelike veiligheidseenhede heringestel word en landelike gemeenskapspolisieëringseenhede op die been gebring word. Dit volg op nog ‘n plaasmoord in die provinsie die week. Jessie Henry Coleman (72) is Dinsdag vasgebind in ‘n plas bloed in sy huis op sy plaas naby…
29 Sep 2022 6AM 1 min

Liggaam in vlak graf in Kabokweni ontdek

Die polisie in Kabokweni ondersoek ‘n moord na die liggaam van die 27-jarige Lindelani Thabethe Dinsdagmiddag in ‘n vlak graf ontdek is. Hy is Sondag laas saam met ‘n vriend gesien tot die polisie inligting ontvang het van die graf in ‘n erf in Kabokweni. Volgens Kolonel Donald Mdhluli is…
29 Sep 2022 4AM 1 min

Ses word aangekla van bedrog met beskermende kleredrag in Mpumalanga

Drie amptenare van die provinsiale departement van openbare werke het gister saam met drie maatskappy-direkteure in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagtes van korrupsie, bedrog en geldwassery. Volgens die Valke het die adjunk-hoofdirekteur van die departement, Sipho Monareng, saam met die twee ander amptenare en die verskaffers gewerk om eise te…
29 Sep 2022 2AM 1 min

Openbare vervoer afgelas voor samesprekings

Busse en taxis is vandag nie in die Laeveld beskikbaar nie, na geweldadige protesoptrede deur taxi's gister chaos op hoofroetes gesaai het. Hoewel die situasie onder beheer is, waarsku die gesamentlike operasionele bevel dat dit onvoorspelbaar bly. ‘n Vergadering om die kwessie te bespreek word vir vanimddag beplan tussen die…
29 Sep 2022 1AM 1 min

Man wat uit polisieaanhouding ontsnap moet drie jaar sit

‘n Moordverdagte wat in Augustus uit polisieaanhouding ontsnap het, is Vrydag tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis daarvoor. Karabo Chiloane (29) het uit die aanhoudingselle van die Belfast-landdroshof ontsnap voor sy verskyning vir 'n moord wat in 2020 in Machadodorp gepleeg is. Hy is ‘n paar dae later in Acornhoek heraangekeer…
27 Sep 2022 5AM 1 min

N4 gesluit na ongeluk

Die N4 bly gesluit na 'n ongeluk vanoggend tussen die Sudwala- en Schagen-afdraaie toe twee vragmotors teen mekaar gebots het. Opruimingswerk is onderweg. Volgens Kyle van Reenen van Emer-G-Med het beide bestuurders matige beserings opgedoen en is hulle hospitaal toe geneem vir behandeling.
27 Sep 2022 3AM 1 min

NVG gaan nie minister Godongwana vervolg vir seksuele aanranding nie

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga sê hy gaan nie ‘n klagte teen die minister van Finansies indien nie. Dit volg nadat ‘n saak van seksuele aanranding in Augustus teen minister Enoch Godongwana oopgemaak is. Die voorval het na bewering op 9 Augustus by ‘n hotel in Skukuza gebeur. ‘n…
26 Sep 2022 7AM 1 min

Plaaslike elektriese kar-span neem deel aan die Sasol Solar Challenge

Span Solar Flair het aan die pas afgelope Sasol Solar Challenge deelgeneem. Dié plaaslike span was die enigste private span wat oor agt dae sowat 2 500 km van Johannesburg na Kaapstad in hul self-geboude elektriese voertuig afgelê het. Internasionale spanne verbonde aan universiteite het met die louere weggestap, maar…
23 Sep 2022 7AM 1 min

Vrou gevonnis wat man glo laat vermoor

‘n Vrou en die twee moordenaars wat sy gehuur het om haar man te vermoor, is gister elk tot lewenslange tronkstraf gevonnis in Delmas. Devilier Dan Zulu, ‘n taxi-eienaar, is in Julie 2011 in Embalenhle in sy oprit doodgeskiet. Volgens die Valke se Kaptein Dineo Sekgotodi het sy vrou, Thembisa…
23 Sep 2022 6AM 1 min

Twee vermeende renosterstropers verskyn in Skukuza

Twee Mosambiekse burgers het gister in die Skukuza-hof verskyn op klagtes van die onwettige besit van renosterhoring, ongelisensieërde vuurwapen en ammunisie, en oortreding van die Wet op Immigrasie. Sergio Mathebula en July Sihlangu is Woensdag met twee renosterhorings in hul besit in die Krugerwildtuin vasgetrek. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala,…
23 Sep 2022 4AM 1 min

Man skiet glo vriendin, pleeg selfdood in Kanyamazane

Die polisie ondersoek die moord op ‘n vrou vanoggend in Kanyamazane. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die 37-jarige Shirley Hassan is om ongeveer sewe-uur voor oorgetuies wat op pad was werk toe geskiet deur Phinda Matlaka met wie sy glo in 'n verhouding was. Hy het daarna by sy pa…
22 Sep 2022 8AM 1 min

DA versoek aksie teen Mpumalanga LUR oor Jeugontwikkelingsfonds

Die DA in Mpumalanga het die adjunkspeaker, Jeaneth Thabethe, gevra om die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, voor die dissiplinêre komitee te roep. Bosman Grobler sê hy het die wetgewer mislei met antwoorde wat hy verskaf het op vrae wat die party gestel het oor die…
22 Sep 2022 7AM 1 min

Wêreldrenosterdag vandag gevier

Vandag is wêreldrenosterdag. Die jongste data toon dat Afrika tans tuis is vir sowat 22-duisend wit- en swartrenosters. Lara Rall van die W-W-F Suid-Afrika sê stroping bly hul grootste bedreiging met amper 3-duisend renosters wat tussen 2018 en 2021 gestroop is. Die goeie nuus is dat die swartrenoster-bevolking op die…
22 Sep 2022 6AM 1 min

LUR neem groot skenking by hospitaal in ontvangs

Die LUR vir gesondheid in Mpumalanga, Sasekani Manzini, het vanoggend 'n groot skenking by Tintswalo-hospitaal in Akornhoek in ontvangs geneem. Die AM Group het nagenoeg een-miljoen chirurgiese oorpakke aan die departement geskenk. Manzini sê dit is te wyte aan een van die maatskappy se direkteurs wat in die area grootgeword…
21 Sep 2022 5AM 1 min
960 – 980