KLETS

KLETS is waar jy moet wees vir jou daaglikse dosis oor alles wat saak maak. Hier "beklets" ons van die grootste nuusgebeure en nuutste temas of tendense wat ons wêreld vorm. Ons "kletsers" is nie bang om 'n bietjie omstrede te wees nie, en "beklets" dinge vanuit 'n aweregse hoek waar jy soms sal dink, lag, dalk 'n traan pik maar verseker nie altyd sal saamstem nie. Kom klets saam op Afrikaans.Radio!
Weekly Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary Narrated by Colene Hind
161 Episodes
40 – 60

Wada Wada...

Ons kort meer verpleegsters en onderwysers en minder prokureurs. SA is dalk binnekort sonder vlag, volkslied en klere maar die ministers gee WADA om. Vandag is fokol op almal se lippe. Geniet jou naweek en jou eiers!
6 Oct 2023 24 min

Jou Luis!

Frankryk wemel nie net van die “Super Fans” nie maar ook van die luise. Nog ‘n stukkie Johannesburg tuimel in mekaar. Moenie in die water speel nie die oumense wil dit drink! Die leeu is los. Skollie vat vyf en rus goed!
5 Oct 2023 31 min

Beavers, Eiers en Bambi

Mense gaan mal oor die stand van eiers maar jy kan eiers vervang met 'n paar ander opsies. Hoeveel weeg jou eiers? Bambi se storie verander om kinders nie te ontstel. Prue Leith wil die beaver sien!
4 Oct 2023 32 min

Daar is 'n vibration!

Android laat Colene se gemoed ingee! Die werke in SA wat goeie geld maak en as jy een van hulle het stuur vir ons wyn! Die DA klim ‘n leer om te sê hulle gaan SA red. Collective responsability beteken vandag geen verantwoordelikheid. Wat moet jy doen om 108 jaar…
3 Oct 2023 28 min

Tuks of Niks?

Die span KLETS oor die gedoente by TUKS en Donald Trump. Maak companies se wellness campaigns mense meer siek as gesond? Tanya Michelle vertel Waar is die JOL.
29 Sep 2023 34 min

Die het jou lewe verander!

Die ANC moet dalk lesse by Google gaan kry oor hoe om te bou, of dalk moet hul net begin Google? Het jy ‘n kaartboek in jou kombi gehad? Bheki Cele is ‘n blink presteerder volgens die Chinese. Stats wat jou lewe sal verander... Wie ry die stadigste? Waar is…
27 Sep 2023 33 min

Stamp hom stinkie!

Canoe’s in die Kaap van storms en die bosveld is aan die brand. Ons kan nie meer karre bekostig nie maar die Suid-Afrikaanse Polisie het baie spaar voorraad. Die bokke het swaer getrek die naweek en die Fourways boets brul hul exhausts op die maat van Winnie.
26 Sep 2023 25 min

So braai mens!

Op die vooraand van Braaidag gesels die span saam met Braaiboy. Ons hoor waar hy al orals gebraai die afgelope 14 jaar. Braaiboy gee tips vir jou Braaidag en vertel wat is sy gunsteling bykosse en vleis om op die kole te gooi.
22 Sep 2023 40 min

Pixie Pink gee vir kinders ‘n stem

In vandag se KLETS gesels Matthys met die Victims' Advocate Pixie Pink oor die stand van sake in Suid-Afrika rakende kindermishandeling, die slagoffers, die wet en kinder regte. Raak betrokke by die werk wat Pixie Pink en haar span doen om vir ons kinders ‘n stem en ‘n weg uit…
21 Sep 2023 40 min

Ai die Karin's!

Dis amper Braaidag en die span gee raad oor waar jy wat kan koop wat nie die bank sal breek nie. 'n Karin van Engeland vermoed dat Yoga lyk soos massamoord. Jy kan ook nou “famîs” word as jy jou oorfone insluk soos die ander Karin in die VSA. Maak…
20 Sep 2023 22 min

Varke en slegte belsuite

Johannesburg se burgermeester hardloop uit sy eie stad weg vir die vuur. Waar daar is rokie is daar ‘n vuurtjie behalwe as jy ‘n roker is. Varke maak meer geld as wat jy dink. Sal jy betaal vir X (Twitter) om Musk te help met sy slegte besluite?
19 Sep 2023 34 min

Vuiste klap en Bokke verpletter!

Vuiste klap by Noah konsert in Pretoria. Suid-Afrika is vuil en moeder aarde beding badtyd. Paul Mashatile weereens ‘n top "scorer" en presteer even beter as die Bokke. Postbank is ‘n ster supplier in die SASSA waardeketting. Eiers word al hoe duurder en die bokke verpletter Roemenië.
18 Sep 2023 29 min

Wyn vir die pyn!

Tim Atkin sê Suid-Afrikaanse wyn is die beste in wêreld geskiedenis. Die span proe saam met die wyn kenner, Lara Jordaan, aan elemente van Tim se verslag en hoor wat jy moet drink. Skink ‘n glasie en leer oor wyn.
13 Sep 2023 47 min

Sies Busi, SIES!

Busisiwe Mkhwebane is uit haar stoel maar haar regskostes kon 159 miljoen mense help met R350.00. Elon launch sy nuwe kind op X. Cilliers Brink hou kop bo rommel in Tshwane.
12 Sep 2023 22 min

Reverse Robin Hood!

Die land is arm maar Cyril kuier saam die regering by Spier. Die listerine mannetjies is nou sigbaar vir almal om na te kyk. Peet Viljoen is suur oor JP se geld.
11 Sep 2023 29 min

Arno Greeff

Die span KLETS saam met die gewilde akteur Arno Greeff oor die movies, TV, wat dit verg om 'n akteur te wees in Suid-Afrika en oor water!
8 Sep 2023 34 min

Die filosofie, die Perd en die Britte

Kom ons gaan kamp en bestudeer die filosofie van elektrisiteit. Die Britte dryf hul politici tot vuil taal. Lucky Mamelodi Luke het dalk die oplossing vir duurder petrol en diesel. Covid is dalk vergete maar die korrupsie rondom Covid is steeds ‘n pandemie!
6 Sep 2023 26 min

Nada Nada!

Cyril speel weer wegkruipertjie in die donker met verslae en antwoorde. Die SAUK het Nada geld vir sepies en die Wêreldbeker rugby. Die voëls het griep!
5 Sep 2023 24 min

Apartheid en die Brave Fart

Die regering blameer die naweek alles weer op apartheid. So is Colene se maag en haar "brave farts" dalk ook apartheid se skuld. Kos word al duurder en as jy in die Kaap bly is dit ook duurder as in die res van die land.
4 Sep 2023 17 min
40 – 60