Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2420 – 2440

Aikôna, sê DA oor 'peperduur' soldate na Kuba

Die DA eis die onmiddellike opskorting van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se plan om in Kuba ontplooi te word. Die weermag wil volgende jaar 20 van sy soldate teen 28-miljoen-rand na Kuba te stuur vir kursusse, hoewel dit nie hier erken word nie. Die maandelikse koste per student vir die…
15 Sep 6AM 1 min

Gholf: Saddier was 'n gedugte teenstaander, sê Noren

Die Sweed, Alex Noren, klop Adrien Saddier van Frankryk in ʼn uitspeelstryd om sy tweede BMW PGA-kampioenskap by die Wentworth-klub in Engeland te buit. Hulle was gelykop op 19 onder baansyfer, wat drie houe voor die res was. Noren, wat Span Europa se onderkaptein is, het gewen nadat hy op…
15 Sep 5AM 1 min

DA soek dringende antwoorde oor polisie

Die DA het onthul dat 57 polisielede wat na dissiplinêre verhore afgedank is vir misdade soos verkragting, moord, bedrog en korrupsie, tussen 2015 en 2025 weer deur die provinsiale- of afdelingskommissarisse aangestel is. Nicholas Gotsell van die DA sê meeste van die afdankingsbevele is met met kort skorsings of skriftelike…
15 Sep 4AM 1 min

MotoGP: Marquez jaag sewende titel

Ducati-renjaer Marc Marquez is nader aan sy sewende MotoGP-titel nadat hy die San Marino Grand Prix in Italië gewen het. Die Spanjaard het Aprilia-renjaer Marco Bezzecchi in die 12de ronde verbygesteek en nie weer teruggekyk nie. Bezzecchi was tweede en die Gresini Racing-deelnemer, Alex Marquez, was derde. Die Suid-Afrikaner Brad…
15 Sep 4AM 1 min

Herrie oor vroue-vanne duur voort in SA

Die Men's Council of South Africa doen 'n beroep op alle burgerlike organisasies, tradisionele leiers en Suid-Afrikaners om die Konstitusionele Hof se uitspraak oor mans wat vroue se vanne gebruik, te betwis. Die stigter en president van die raad, Fikile Dyantyi, sê die raad vrees dat hierdie uitspraak kan lei…
15 Sep 3AM 1 min

Demokrasiedag neem KI onder die loep

Vandag is Internasionale Dag van Demokrasie, 'n geleentheid om die stand van demokrasie in die wêreld te hersien. Vanjaar se tema is die Versekering van Effektiewe Bestuur van KI op Alle Vlakke. Dit beklemtoon die groeiende belangrikheid van kunsmatige intelligensie in die vorming van demokratiese prosesse en bestuur wêreldwyd. Die…
15 Sep 3AM 1 min

Elf in hof ná skietery op Kaapse polisie

Elf verdagtes verskyn na verwagting vandag in die Bishop Lavis-landdroshof in Kaapstad in verband met die aanval Vrydag in Valhalla Park op beamptes van die wetstoepassings-bevorderingsplan. Beamptes wat as deel van ʼn voortgesette operasie in die gebied ontplooi is, het skote gehoor. ʼn Woordvoerder, Wayne Dyason, sê terwyl beamptes aan…
15 Sep 2AM 1 min

Rugby: Springbok-vroue inspireer, sê Swys

Die vertoning van die Springbok-vroue by die 2025 Vrouewêreldbeker is nie net 'n aanwyser van wat in die toekoms lê nie, maar ook 'n nalatenskap wat die volgende generasie sal inspireer om hulle na te doen. Die hoofafrigter, Swys de Bruin, sê die span was 12de op die wêreldranglys aan…
15 Sep 2AM 1 min

Phala-Phala-saak vandag in SA hof

Die verhoor van die drie beskuldigdes in die diefstalsaak van miljoene rand se buitelandse valuta op president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo in 2020, begin vandag in die Modimolle-streekshof. Imanuwela David, Froliana Joseph en Ndilinasho Joseph staar aanklagte van sameswering om huisbraak te pleeg in die gesig. Die…
15 Sep 1AM 1 min

Band tussen Israel, Amerika sterk, sê Netanyahu

Amerika se minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het Sondag in Jerusalem met Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, vergader. Dit volg ná Israel se aanval op ʼn Hamas-vergadering verlede week in Katar, ʼn belangrike Amerikaanse bondgenoot in die streek. Rubio se besoek volg terwyl Israelse magte voortgaan om woongeboue…
15 Sep 1AM 1 min

CoW se Tuinmaak in Erwe van stapel gestuur

Die Windhoekse munisipaliteit het sy Tuinmaakprojek in Erwe van stapel gestuur om voedselsekuriteit en volhoubare landbou in die stad te bevorder. Inwoners ontvang onder meer opleiding in die gebruik van organiese kunsmis en doeltreffende waterverbruik. Die projek teikein inwoners in informele nedersettings, lae- tot middel-inkomste-woonbuurte, asook skole en organisasies in…
15 Sep 1AM 1 min

Brandgevaar in informele nedersettings getakel

Die Windhoekse brandweer, in samewerking met Namib Mills' Top Score, gaan vlamvertragende verf in ‘n toetsprojek in Windhoek gebruik om die skade van hutbrande in informele nedersettings te verminder. Veertig huise in die Goreangab-informele nedersetting word in die toetsfase gebruik. Die brandweer moes die afgelope boekjaar 569 brande in en…
15 Sep 12AM 1 min

Swapo geselfgesentreerd, sê NNN

Swapo-president Netumbo Nandi-Ndaitwah het kommer uitgespreek oor interne petisies en gewaarsku dat selfgesentreerde optrede die party se mandaat verswak. Sy het tydens die sentrale komiteevergadering in Windhoek oor die naweek 'n beroep op lede gedoen om te verenig, die mense sonder versuim te dien en op oorwinning in die komende…
15 Sep 12AM 1 min

Dâures spring weg met ammoniumsulfaat-aanleg

Die tweede fase van die Dâures Green Hydrogen Village in Erongo, die bou van ‘n ammoniumsulfaat-aanleg, is die naweek van stapel gestuur. Dié aanleg sal na verwagting teen volgende jaar kunsmis aan die plaaslike en internasionale mark kan lewer. Die projek gebruik sonkrag om groenwaterstof te produseer, waaruit ammoniak geskep…
15 Sep 12AM 1 min

DA vasberade om boere beter te ondersteun

Die DA in die Wes-Kaap het sy verbintenis herbevestig om boere te ondersteun met betroubare veeartsenykundige dienste en uitvoergereed-gehalteversekering. Noko Masipa van die DA sê tydens die opknapping van die Provinsiale Veeartsenykundige Laboratorium het die department van landbou slegs 80 persent van sy teikens behaal. Hy sê die opknappingstyd het…
14 Sep 11PM 1 min

Veediewe teister Gibeon-, Maltahöhe-areas

Veediefstal en onwettige veeslagting teister steeds die Gibeon- en Maltahöhe-gebiede. Kosmos 94.1 het met Christiaan Swartbooi van die Gibeon-boerevereniging gepraat wat 'n onlangse toename in aangemelde gevalle uitgelig het. Volgens Swartbooi dosyne gesteelde diere die afgelope weke geslag. Sommige verdagtes is reeds aangekeer. Swartbooi het meer.
14 Sep 7AM 1 min

Mboti behou hoëprofielpos

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die ervare diplomaat ambassadeur Lineekela Mboti heraangestel as die uitvoerende hoof van die Afrika-ewekniebeoordelingsmeganisme, met ingang 1 September. Met 'n loopbaan wat oor drie dekades strek en hoëprofielposte van Angola tot Brasilië, bring ambassadeur Mboti diepgaande ervaring na die rol. Bradley Tjongarero, hoofbeleidsontleder by die Afrika-ewekniebeoordelingsmeganisme…
14 Sep 6AM 1 min

Vakbond beskuldig SAPD-kollegas van diskriminasie

Die polisie- en gevangenisdiensvakbond, Popcru, eis 'n dringende ondersoek na die diskriminerende praktyke by SAPD-opleidingskolleges regoor die land. Popcru se woordvoerder, Richard Mamabolo, sê die afdelingskommissaris vir opleiding, Bongiwe Zulu, het in Bisho, in die Oos-Kaap vyf lede aan opleiding onttrek bloot op grond van hul gestremdheid. Hy sê Popcru…
14 Sep 5AM 1 min

Bergfietsry: Namibië se Surén wen silwer

Namibië se Roger Surén het Vrydag ‘n silwer medalje in die UCI-wêreldkampioenskap se bergfiets-veldwedren vir juniors in Switserland gewen – die eerste Namibiër om ‘n medalje by die kampioenskap te verower. Afrigter Hans du Toit het ná die wedren met Surén gepraat:
14 Sep 3AM 1 min

Vlieënier se liggaam op Durban-stand gevind

Die polisie in KwaZulu-Natal het vermoedelik die liggaam van die vlieënier Andrew Blackwood-Murray gevind, wat vermis geraak het na 'n vliegtuigongeluk langs die kus van Durban verlede maand tydens 'n lugskou. Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê die liggaam is Vrydagaand langs die Bay of Plenty-strand op die Durbanse strandfront gevind:
14 Sep 2AM 1 min
2420 – 2440