Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1520 – 1540

BoN sê N$60-noot nou uitgerol

Die enigste kommersiële bank wat tot dusver die 60-dollar Hage Geingob-gedenkbanknoot by sy kitsbanke kan uitreik, FNB Namibië, het 16 van die outomatiese tellermasjiene daarvoor gekalibreer. Die ander banke is besig met ooreenkomste om dieselfde te doen, volgens die Bank van Namibië. Sencia Kaizemi-Rukata, die direkteur van valutabestuur by die…
20 Oct 3AM 1 min

Ramokgopa sê R2,2 riljoen sal in energie belê word

Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering beplan om 2,2 triljoen Suid-Afrikaanse rand, wat ongeveer 30-persent van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk is, in 'n omvattende energietransformasiestrategie te belê. Dit is deel van die land se Geïntegreerde Hulpbronplan, wat deur die kabinet goedgekeur is. Ramokgopa sê die plan…
20 Oct 3AM 1 min

Mackenzie uiters teleurgesteld oor Kaapstad-marathon

Die Wes-Kaapse LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, het sy teleurstelling uitgespreek oor die kansellasie van die 2025 Kaapstad-marathon Sondag weens erge weer. Mackenzie sê die besluit, wat saam met veiligheidsowerhede geneem is, het die welstand van hardlopers, vrywilligers en toeskouers eerste gestel. Mackenzie, wat aan die 42-kilometer lange…
20 Oct 2AM 1 min

Trump sê skietstilstand is steeds van krag in Gaza

Daar is kommer oor die skietstilstand in Gaza. Israel en Hamas beskuldig mekaar van die verbreking van die ooreenkoms. Die Israelse weermag sê Hamas het sy magte in Rafah in die suide van Gaza met vuurpyl-aangedrewe granate en skerpskutter-vuur aangeval waarna die IDF aanvalle in die gebied uitgevoer het. Israel…
20 Oct 2AM 1 min

Mbalula sê die ANC word onregverdig geteiken

Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die party moet sy integriteit verdedig en voer aan dat president Cyril Ramaphosa onregverdig geteiken word, selfs oor klein goedjies soos om verby 'n man te draf wat met oortredings verbind word. Mbalula het in Mpumalanga gesê korrupsiebewerings word gebruik om die ANC…
20 Oct 1AM 1 min

Cran het nuwe, kreatiewe uitdaging

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië stuur vandag die Cran Tech Challenge van stapel. Die uitdaging is 'n platform wat ontwerp is om kreatiwiteit aan te wakker en jeugdeelname te bevorder deur Namibiese burgers en permanente inwoners van 18 tot 35 jaar oud uit te nooi om operasionele of prototipe-fase oplossings in…
20 Oct 1AM 1 min

Menstruasie-armoede belemmer meisies se vooruitgang

Kommer het weer opgeduik oor die gebrek aan sanitêre doekies vir skoolmeisies. Dit is te midde van die onthulling dat die regering tans slegs 15 Namibiese dollar per meisie, per jaar aan sanitêre doekies bestee. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sister Namibia se redakteur, Brigit Rudd, wat sê menstruasie-armoede…
20 Oct 1AM 1 min

GRN-aanstellings: Daar's ander maniere om geld te spaar

Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die regering wat die vul van die meeste staatsdiensposte op ys geplaas het weens begrotingsbeperkings en kommer dat daar nie genoeg geld sal wees om daarvoor te betaal nie. Die Kantoor van die Eerste Minister het Woensdag 'n moratorium ingestel op die werwing…
20 Oct 12AM 1 min

IPC eis verskoning van ECN, en sê verklaring moet teruggetrek word

Die Independent Patriots for Change het uitlatings van die Verkiesingskommissie van Namibië skerp veroordeel wat sê die party se indien van nominasies vir die komende streeks- en plaaslike owerheidsverkiesing voldoen nie aan die bepalings van die Kieswet nie. Die IPC sê die ECN se aantygings is vals, misleidend en venynig…
20 Oct 12AM 1 min

Saara vra inklusiewe leierskap

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het tydens haar toespraak by die 151ste algemene vergadering van die Interparlementêre Unie in Switserland die naweek die belangrikheid van inklusiewe leierskap en geslagsgelykheid beklemtoon. Sy het ‘n beroep gedoen vir sterker ondersteuningsstelsels, mentorskapinisiatiewe en welstandprogramme.
19 Oct 11PM 1 min

Verstappen vat vyfde wen in VSA

Red Bull-renjaer, Max Verstappen, het ʼn oorheersende vertoning gelewer en spog ná die Amerikaanse Grand Prix met sy vyfde sege van die seisoen. Lando Norris van McLaren is tweede en Charles Leclerc van Ferrari is derde. Die voorloper in die bestuurderskampioenskap, Oscar Piastri van McLaren, was vyfde. Verstappen, wat strewe…
19 Oct 11PM 1 min

Ithindi tevrede met vordering van gesondheidsprojekte

Die uitvoerende direkteur van die gesondheidministerie, Penda Ithindi, het die vordering met belangrike gesondheidsprojekte in die Oshana-streek geprys, insluitend 'n nuwe waakeenheid by die Oshakati Intermediêre Hospitaal. Tydens 'n besoek het hy die dringende behoefte aan tydige voltooiing beklemtoon om pasiëntoorplasings na Windhoek te verminder en lewens te red. Ithindi…
19 Oct 6AM 1 min

Patrice Motsepe wil nie ANC-president wees nie

Die miljardêr-sakeman en CAF-president Patrice Motsepe sê hy sal nie vir die ANC-presidentskap in 2027 staan nie, ten spyte daarvan dat hy deur partylede genader is. Motsepe het tydens die SANEF-galadinee in Johannesburg gesê Suid-Afrika het nie 'n ryk man as president nodig nie, maar eerder bekwame, talentvolle mense. Hy…
19 Oct 5AM 1 min

SA regering soek 'ware hervorming in IKT-sektor

Die minister van kommunikasie, Solly Malatsi, sê die regering is daartoe verbind om ware hervorming in die IKT-sektor te dryf. Tydens 'n beleidsvergadering in Pretoria het Malatsi frustrasies oor die gaping tussen potensiaal en lewering erken en gewaarsku dat gefragmenteerde beleid sektorgroei bedreig. Malatsi het die behoefte aan dringende optrede,…
19 Oct 4AM 1 min

Amptenare kry trekpas oor onwettige dokumente

Die ministerie van binnelandse sake het sedert 2020 altesaam 21 amptenare afgedank weens die onwettige uitreiking van nasionale dokumente en permitte. Volgens minister Lucia Iipumbu is verskeie skuiwergate met die uitreiking van geboortesertifikate gevind en maatreëls is in werking gestel om die stelsel te versterk. Iipumbu het in die parlement…
19 Oct 3AM 1 min

SA polisie neem duisende inhegtenis

Die polisie se eenhede vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings het in September 2 320 verdagtes landwyd in hegtenis geneem vir verkragting, seksuele aanranding en ontvoering. Die Wes-Kaap het die hoogste arrestasies aangeteken met 536, gevolg deur Gauteng met 459 en 360 in KwaZulu-Natal. Ses-en-veertig van die oortreders het lewenslange…
19 Oct 2AM 1 min

Forum versoek ondersoek na Ramaphosa-bewerings

Die Activists and Citizens Forum het 'n ondersoek versoek na bewerings dat president Cyril Ramaphosa die ontbinding van die Politieke Moordtaakspan goedgekeur het. Dit volg na die geskorste polisieminister Senzo Mchunu se getuienis voor die Parlement se ad hoc-komitee, waarin hy verklaar het dat die president met sy besluit saamstem…
19 Oct 1AM 1 min

Otjiwarongo kry biomassaprojek

‘n Biomassa- en boskos-projek word naby Otjiwarongo beplan. Dié projek van die Global Accelerator Joint Programme, gerugsteun deur die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram, is veral gemik op werkskepping vir die jeug. Dit wil weerlose en gemarginaliseerde groepe bemagtig, en volhoubare ekonomiese groei bevorder. Die UNDP se omgewings- en maatskaplike beskermingskenner,…
19 Oct 12AM 1 min

Landbouministerie stel STOSAR ll se 2de fase bekend

Die landbouministerie het Vrydag amptelik die tweede fase van die Ondersteuning vir Operasionalisering van die SAOG-streeklandboubeleid, of STOSAR II, in Windhoek bekendgestel. Die inisiatief is daarop gemik om Namibië se bydrae tot streekvoedselsekuriteit, mededingendheid en landbouvolhoubaarheid binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap te versterk. Alfred Sikopo van die landbouministerie het meer.
18 Oct 5AM 1 min
1520 – 1540