Die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, advokaat Andy Mothibi, sê hulle beplan om sowat 900 miljoen Suid-Afrikaanse rand te verhaal van die sindikaat wat betrokke was by die verduistering van miljarde uit die Tembisa-hospitaal deur middel van bedrieglike verkrygingskemas. Luukse motors was onder die items wat gister tydens 'n klopjag…
Volgens die minister van inligting, Emma Theofelus het sy die ondersteuning van die Internasionale Telekommunikasie Unie gevra om Namibiërs toe te laat om betaling te kry van sosiale media platforms. Blykbaar het die ministerie met verskeie diensverskaffers gepraat om Namibiese sosiale media betalings moontlik te maak. Kosmos 94.1 Nuus het…
Boere verdien miljoene in Suid-Afrika deur klimaatsvriendelike praktyke en deur handel in koolstofkrediete. 'n Program wat volhoubare boerdery beloon, AgriCarbon, het in die eerste ronde bykans 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan boere uitbetaal wat vrystellings verlaag deur metodes soos min- of deklaagbewerking. Die inisiatief help boere om klimaatsverandering te pak…
Reaksie word steeds ontvang oor die Europese Unie wat Namibië se voorstel om die handel in renosterhoring te reguleer, teenstaan. Die EU het lidlande gevra om teen die voorstel te stem by die komende CITES vergadering. Alex Oelofse, die eienaar van Mount Etjo, verduidelik die stem-strukture van CITES, wat die…
Namibië vier vandag Wêreldboomplantdag, met boomplantseremonies wat in dorpe reg oor die land plaasvind. Die dag beklemtoon die belangrikheid van omgewingsbestuur en wys hoe bome help om klimaatsverandering te beveg, wildlewehabitatte te ondersteun en gemeenskapswelstand te verbeter. Linda Mupupa, woordvoerder van die Swakopmund-munisipaliteit, beklemtoon die belangrikheid van die geleentheid.
Reaksie word ontvang oor toenemende dwelmgebruik in die land. Dit volg op 'n verslag van NamPol wat onthul dat owerhede in September alleen ongeveer 1 085 ton dagga, meer as 1 035 mandrax-tablette, 33 gram kokaïenpoeier en 186,5 eenhede crack-kokaïen gekonfiskeer het. Kosmos 94.1 Nuus het met voormalige NamPol-dwelmhoof, Hermie…
Die finansministerie het onder die Nasionale Jeugfonds 'n bemarkings- en kommunikasie-kompetisie geloods vir jong besigheidseienaars, wat 'n besigheidsplan en digitale stelsel-innoverings moet voorlê. Die kompetisie is oop vir almal wat 18 en ouer is. Belangstellendes kan die aansoekvorm op die ministerie se webtuiste aflaai. Kosmos 94.1 Nuus het met die…
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het 'n beroep op Israel en Hamas gedoen om ten volle by die wapenstilstand- en gyselaarsvrystellingsooreenkoms te hou. Die partye het Woensdag ingestem tot die eerste fase van 'n wapenstilstandsplan wat deur die VSA bemiddel is en wat die vrylating van alle gyselaars…
Die Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê geen geheime fondse is gebruik om die taakspan vir politieke moorde te befonds nie. In sy getuienis voor die parlement se ad hoc-komitee, sê Masemola die span se operasies is befonds deur die nasionale polisiebegroting wat deur homself en die hoof- finansiële beampte bestuur…
Die Hongaarse skrywer László Krasznahorkai het 2025 se Nobelprys vir Letterkunde gewen. Die Koninklike Sweedse Akademie het sy visioenêre en boeiende werk geprys, wat die krag van kuns te midde van rampspoedige en uitdagende temas verken. Steve Sem-Sandberg van die Nobelkomitee sê Krasznahorkai, aangespoor deur sy reise na China en…
Die langverwagte Naute-Keetmanshoop-waterpyplynprojek het uiteindelik begin. Die Sentrale Verkrygingsraad het die 191 miljoen Namibiese dollar kontrak vir Fase 1 aan Adaptive Building Land Construction CC toegeken, in gesamentlike onderneming met China State Engineering Corporation. Die aanvang van die projek is met byna twee jaar vertraag weens wetlike verkrygingsuitdagings wat deur…
Mkhululi Mthethwa, die seun van Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthetwa, het sy pa se dood as traumaties beskryf. Die 58-jarige is dood nadat hy van die 22ste vloer van 'n hotel geval het. Mkhululi het aan Newzroom Afrika in Parys, Frankryk gesê die familie is gebroke en gereed…
Die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris vir misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, sê hy sal nie bedank nie en daag owerhede uit om hom af te dank. Die nasionale Ingrypingseenheid, Spesiale Taakmag en Misdaadintelligensie het op sy huis in Centurion in Gauteng toegeslaan en verskeie elektroniese toestelle gekonfiskeer. Die operasie vorm deel van…
Die Israelse regering het die eerste fase van die 20-punt Gaza-vredesplan goedgekeur. Met dié goedkeuring tree 'n wapenstilstand onmiddellik in werking. Die ooreenkoms sluit ook die onttrekking van Israelse magte uit die Gazastrook in, en humanitêre hulp wat Gaza binnekom, sal toeneem tot soveel as 600 vragmotors per dag. Die…
Namibiese krieket kry 'n splinternuwe tuiste, die FNB Namibië Krieketveld. Die nuwe stadion, wat gereed is om groot wedstryde aan te bied en die land se amptelike internasionale ovaal te word, is 'n groot mylpaal vir die sport. Johan Muller, die uitvoerende hoof van Krieket Namibië, het aan Kosmos 94.1…
Die eerste druppels val vanoggend in die sentrale gebied en volgens weerkenner George van der Merwe kom daar nog. Hy voeg by dat daar 'n veldbrandgevaar bestaan, veral vandag, weens die ontwikkeling van donderstormselle wat met blitse en sterk wind sal gepaardgaan. Vog sal egter van Angola af bly invloei…
Namibiese groente- en vrugteprodusente is in 'n penarie aangesien uitvoere na Suid-Afrika sedert 18 Augustus opgeskort is. Suid-Afrika het alle uitvoerpermitte teruggetrek weens nie-nakoming van sanitêre vereistes aan Namibië se kant, maar pogings deur Namibië om bilaterale gesprekke te begin voer, het vasgeval. Die landbouministerie sê dat hulle steeds wag…
10 Oct 12AM
1 min
1740 – 1760
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.