Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
1740 – 1760

Ohangwena het planne vir ekonomiese groei

Die goewerneur van die Ohangwena-streek, Kadiva Hamutumwa, het aangekondig dat die streek 'n streeksbeleggingskaart sowel as 'n aksieplan vir 2025 tot 2030 opgestel het. Die hoofdoelwit is om die streek se mededingende en vergelykende voordele te identifiseer, en te verseker dat die leierskap sleutelsektore as hefbome aanwys om die streeksekonomie…
6 Aug 2AM 1 min

Wesgro het 'n goeie 2025/26-boekjaar

Die DA in die Wes-Kaap sê die handels- en beleggingsagentskap, Wesgro, het meer as 25-miljard Suid-Afrikaanse rand in handel en beleggings- en uitvoerverklarings gedurende die 2025/2026-boekjaar gefasiliteer, ten spyte van voortdurende vertragings by Kaapstad hawe. Noko Masipa van die party sê die belegging sal na verwagting meer as 5 400…
6 Aug 2AM 1 min

Gesondheid sê oor verkrygingsuitdagings

Die gesondheidsministerie sê verhoogde vraag, tesame met vertragings in medisyne-aflewerings, het die beskikbaarheid van voorrade beïnvloed. Die adjunk uitvoerende direkteur vir gesondheids- en maatskaplike welsynsbeleid, Alfons Amoomo, het die opmerkings gemaak terwyl hy die staande komitees van die Nasionale Raad ingelig het tydens 'n gesprek met verskeie ministeries in Windhoek.
6 Aug 1AM 1 min

Solidariteit het kommer oor sluiting van Tulbagh-fabriek

Die vakbond Solidariteit sê die moontlike sluiting van Premier Foods se vrugte-inmaakfabriek in Tulbagh in die Wes-Kaap kan 'n verwoestende uitwerking op die gemeenskap hê. Gesprekke deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie oor die voorgestelde sluiting het reeds begin. Gideon du Plessis van die vakbond sê 424 direkte…
6 Aug 1AM 1 min

Die werklike olie- en gasverhaal speel binnelands af terwyl bronne aflandig is

Angelique Peake, RMB se groepshoof vir olie en gas, sê dat 'n groot deel van Namibië se olie- en gasverhaal op see afspeel, maar dat die meer interessante verhaal reeds op land ontvou. Sy sê dat ondernemings kapitaal belê voordat daar sekerheid bestaan, infrastruktuur gebou word voordat die vraag sy…
6 Aug 1AM 1 min

Kenner sê oor borsvoeding by die werk

Borsvoeding by die werkplek is in die nuus, en arbeidsdeskundige Tim Parkhouse sê die instelling van borsvoedingsvriendelike werkplekbeleide is 'n positiewe stap. Werkgewers sal egter praktiese oplossings nodig hê om dit te laat werk. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat faktore soos die moeder se rol, werkplekgrootte, higiënestandaarde,…
6 Aug 12AM 1 min

Kernkrag is duur, kompleks en riskant

Reaksie word ontvang nadat president Netumbo Nandi-Ndaitwah by die Namibië Mynbou Expo en Konferensie haar oproep hernu het om die land se kernwaardeketting te verbreed. Energiekenner Harald Schütt sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Namibië se rol as een van die wêreld se voorste uraanverskaffers ekonomies gesond is. Hy waarsku…
6 Aug 12AM 1 min

Progressiewe, pro-Palestynse kandidaat wen in Michigan

Die progressiewe Abdul El-Sayed het die Demokratiese voorverkiesing vir die Amerikaanse Senaat in Michigan gewen, en die nuutste linkse kandidaat geword om die party se nominasie voor November se middeltermynverkiesing te verseker. Die seun van Egiptiese immigrante, dokter en oud-Rhodes-beurshouer het Haley Stevens, 'n gematigde Demokratiese kongreslid, geklop. El-Sayed sal…
5 Aug 11PM 1 min

Ramaphosa se stappe teen GBV verwelkom

Die Nasionale Skuilingbeweging van Suid-Afrika verwelkom president Cyril Ramaphosa se aanstelling van sy lid, Zubeda Dangor, op die land se eerste statutêre Nasionale Raad vir Geslagsgeweld en Vrouemoord. Woordvoerder Joy Lange sê die raad is belangrik om die land se reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord te versterk. Sy vertrou die…
5 Aug 11PM 1 min

Ampsklagkomitee beveel getuienisleier teen Cyril aan

Die parlementêre ampsklagkomitee het advokaat Thandazani Madonsela aanbeveel as getuienisleier in die saak teen president Cyril Ramaphosa. Hy het die meerderheidsteun van die EFF, die MK-party, Build One South Africa, die ATM en die UAT ontvang. Die ANC, Patriotic Alliance en Al Jama'ah het buite stemming gebly en die DA…
5 Aug 11AM 1 min

Sankwasa maak stem dik in Groot Aub oor grond

Die Minister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling, James Sankwasa, het in 'n vergadering in Groot Aub benadruk dat mense nie grond mag verkoop wat nie aan hulle behoort nie. Hy beklemtoon dat individue wat hulle hieraan skuldig maak, aanspreeklik gehou sal word. Die vergadering was om kwessies rakende grondbestuur waarmee…
5 Aug 11AM 1 min

Verkeersboete-amnestie 'help nie eintlik taxibestuurders'

Nelson Kalangula, die IPC se skadu-vervoerminister, sê die party se grootste bekommernis oor die regbank se amnestie van twee maande vir uitstaande verkeersboetes, is die posisie van taxibestuurders. Hy sê dat dit reeds vir hulle moeilik is om 'n beskeie bestaan te maak, te midde van hoë brandstof-en ander koste…
5 Aug 10AM 1 min

Backyard Tenants wag steeds vir dienste op Farm 37

Byna 'n jaar nadat die Backyard Tenants-gemeenskap op Farm 37 buite Walvisbaai om formele nedersettingstatus gevra het, wag inwoners steeds vir goedkeuring van die munisipaliteit en die lynministerie. Dit is ten spyte van 'n toekenning van 75 miljoen Namibiese dollar deur die ministerie in 2025 om die gebied te ontwikkel…
5 Aug 10AM 1 min

MUN word 40, leier soek meer voordele vir lede

In 'n terugblik op die 40 jaar sedert die stigting van die Mynwerkersunie van Namibië, sê waarnemende president Poco-Key Mberiuana sy langtermyn droom vir die vakbond is dat lede se griewe behoorlik hanteer word. Hy wil ook sien dat 'n pensioenfonds ingestel word en dat dienste aan die vakbond se…
5 Aug 10AM 1 min

Sacha opgewonde oor Bok-toets teen Pumas

Rugby: Springbok-losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu is opgewonde om terug te wees en sê hy kan nie wag vir sy eerste wedstryd van die seisoen nie. Hy het Julie se toetse misgeloop nadat hy in Mei sy enkel beseer het in die Stormers se Verenigde Rugbykampioenskaps-kwarteindstryd teen Cardiff, en daarna ʼn suksesvolle…
5 Aug 9AM 1 min

Kyk by instellings of Nsfas-fakture gestuur is: Nanso

Die president van Nanso, Dorthea Nangolo, moedig studente aan om geduldig te wees en by hul instellings te bevestig of hul fakture aan Nsfaf gestuur is vir die betaling van nie-klasgelde. Sy beklemtoon dat die fonds dag en nag werk om te verseker dat studente hul betalings ontvang. Dit kom…
5 Aug 9AM 1 min

Action SA-wetsontwerp wil verskaffer-swartlys begin

ActionSA gaan 'n wetsontwerp in die parlement bekendstel wat daarop gemik is om Suid-Afrika se openbare verkrygingstelsel te versterk deur te verseker verskaffers wat by korrupsie betrek is, word verbied om sake te doen met die staat. Alan Beesley van ActionSA sê die voorgestelde Wetsontwerp op die Swartlys van Korrupte…
5 Aug 8AM 1 min

Otjiwarongo spog weer met biomassa-skou

Die 6de uitgawe van die Standard Bank Biomass Fair gaan op Otjiwarongo plaasvind, onder die tema "Krag vir Namibië se Bio-ekonomie". Dit open môre en duur vir drie dae. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Daniel Shagama, die bedryfsbestuurder van die Namibiese Biomassa-groep, dat die tweejaarlikse geleentheid die…
5 Aug 8AM 1 min

Gauteng-misdaad grootste struikelblok vir ekonomiese groei

Gauteng se premier Panyaza Lesufi het die provinsiale regering se verbintenis om die stryd teen misdaad te wen herbevestig, en sê dis die grootste struikelblok vir ekonomiese groei, werkskepping en veiliger gemeenskappe. Die provinsie het volgens misdaadstatistiek vir die vierde kwartaal van die 2025/2026-boekjaar ʼn algemene daling van 5,2-persent aangeteken…
5 Aug 6AM 1 min
1740 – 1760