Cape Pulpit / Kaapse Kansel GET UP & GO BREAKFAST - RUDI NAGEL

GET UP & GO BREAKFAST - RUDI NAGEL

Rudi is 'n man wat daarvan hou om dit wat hy uit die Woord en uit die lewe leer, met ons te deel. Rudi doen dit elke Dinsdag oggend met 'n nuwe tema wat ons gebedslewe sal versterk.
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
280 Episodes
200 – 220

Rudi Nagel - 29 Nov 2021 - Waarvoor Is Ek Bang

Het jy vrese? 'n Slang of 'n spinnekop? Wat van klein spasies? Is dit onsekerheid oor die ekonomie of Covid? Onthou, perfekte liefde dryf uit die vrees! God is groter as jou vrese!
29 Nov 2021 15 min

Rudi Nagel - 22 Nov 2021 - Juk Vir 'n Rede

Rudi gesels deur Matt 11:28: Neem Sy juk en vind rus. Hierdie jaar was vir mense soms baie moeilik, en vir ander net lank en vermoeiend. Jesus KAN jou help!
22 Nov 2021 15 min

Rudi Nagel - 15 Nov 2021 - Sout Rym Met Stout

Sout speel so 'n belangrike rol om te preserveer maar laat iets ook beter smaak. Ons wil harte wen, so kom ons maak mense se lewens beter deur om woorde te deel wat seen en hoop bring, dat ons die 'geur' in mense se lewens bring.
15 Nov 2021 14 min

Rudi Nagel - 8 Nov 2021 - Aangeneem Aangenaam

Aaneming is nie net om 'n kind by jou familie by te voeg nie. Wat van kinders in ons kringe wat ons kan mentor of help om hulle vlerke to sprei? Hoe kan ons die kinders in ons lewens ook meer waardeur?
8 Nov 2021 13 min

Rudi Nagel - 1 Nov 2021 - Jy Kan Kies

Dit is ons verantwoordelikheid om te stem in die verkiesing. Dit is 'n belangrike dag. Die Lewende God het ons geskep om te kan kies...om keuses te maak - nie net in 'n verkiesing nie, maar elke dag. hoe gaan jy kies?
1 Nov 2021 12 min

Rudi Nagel - 25 Okt 2021 - My Stokperdjie of my Skat?

God wil by elke deel van jou betrokke wees. Hy stel in elke vaset van jou lewe belang. Hy gee om oor on werk on hoe ons rus....maar God will nie een van joy stokperdjies wees nie! God moet ons SKAT wees.
25 Oct 2021 17 min

Rudi Nagel 18 Okt 2021 - Bou of Breek

Ons woorde het krag. Ons woorde het impak! God kies om ons te gebruik, en wil in 'n venootskap tree, en saam met ons die Koningkryk laat kom. Kom ons werk om op te bou en nie af te breek nie…
18 Oct 2021 15 min

Rudi Nagel 4 Okt 2021 - Twee Pêrelsnoere

Party mense verwag net die slegte dinge in die lewe. Hulle persoonlikhede is 'giftig'. Hulle is nie aangenaam om by te wees nie. Dis soos 'n pêrelsnoer wat jou wurg. Die ander pêrelsnoer is een van verwagting in die goedheid van God. Hoe sien JY die wêreld?
4 Oct 2021 14 min

Rudi Nagel 27 Sep 2021 - Dankie Vir My Plek

Ons het hoop in die Tuiste wat kom, maar terwyl ons hier op aarde is, moet ons 'n verskil maak. Wat gaan ons doen wat vrede bring? Onthou ook, as ons ons in a plek bevind het en in omstandighede wat 'giftig' is, kan God on bevryding gee!
27 Sep 2021 15 min

Rudi Nagel 20 Sep 2021 - Ek Sien En Ek Sê

Ons moet nie net goeie dinge sien nie, ons moet daaroor praat! Ons moet die mense bemoedig en inspireer. Ons woorde kan opbou en mense hoop in God en in hulself gee. Kom ons sien ook ander se potentiaal en roep dit uit!
20 Sep 2021 16 min

Rudi Nagel 13 Sep 2021 - My Pa Het My Lewe Gegee

Ons het lewe gekry van 'n pa, al het jy hom dalk nie geken nie. Ons groei en ontwikkel deur die insaai van 'n pa. Dalk het ons dit ook nie gekry nie, maar God kan ons Vader wees! Hy het ons 'Lewe' gegee en Hy sal ons nooit verlaat…
13 Sep 2021 14 min

Rudi Nagel 26 Julie 2021 - Versoening

Versoening is 'n woord wat ons in ons land en in die kerk gebruik. Maar wat van in ons eie lewens, in ons verhouding en in hoe ons ander mense sien?
26 Jul 2021 17 min
200 – 220