100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
240 – 260

Borg vir man wat openbare geweld aanhits in Mbombela

Die man wat aangekla word van aanhitsing van openbare geweld is gister deur die Nelspruit-streekhof borgtog van 2-duisend-Rand toegestaan. Xolani Gregory Khoza word ook aangekla van die aanhits van terrorisme en intimidasie na hy op sosiale media ‘n beroep gedoen het vir 'n nasionale afsluiting en die verwydering van president…
2 Jul 2024 3AM 1 min

Man vasgetrek met R4m se dwelms by Lebombo

Die grenspolisie het ‘n man wat na bewering meer as 4-miljoen-Rand se dwelms oor die grens probeer smokkel het, by Lebombo aangekeer. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, is die metamfetamien Vrydagaand versteek gevind in ‘n verskuilde kompartement in die kombi wat die 36-jarige verdagte vanaf Mosambiek bestuur…
1 Jul 2024 7AM 1 min

Polisie fnuik transitoroof met vinnige reaksie

‘n Poging om ‘n transitoroof uit te voer is Vrydagmiddag op die Mngwenya-pad in Kanyamazane buite Mbombela gefnuik, na polisielede spoedig gereageer het. Geen kontant is gesteel nie en niemand is leed aangedoen nie. Niemand is nog aangekeer nie. Die waarnemende polisiekommissaris, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, sê die polisie werk onverpoosd…
1 Jul 2024 7AM 1 min

NVG verwelkom vonnis vir sekuriteitswag wat moord pleeg

Die Nasionale Vervolgingsgesag het die vonnis verwelkom vir 'n sekuriteitswag vir moord, poging tot moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Sarel Petrus du Plessis is gister lewenslange gevangenisstraf opgelê deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Middelburg met ‘n addisionele 38 jaar wat samelopend uitgedien sal word. Volgens…
26 Jun 2024 4AM 1 min

Sekuriteitswag gevonnis vir moord op tiener in Nkomazi

‘n 53-jarige sekuriteitswag is tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis vir die moord in 2018 op ‘n 14-jarige seun. Die Mpumalanga Hooggeregshof in Middelburg het bevind Sarel Petrus du Plessis het Bhekimuzi Ziko op ‘n plaas in Kamhlushwa in die Nkomazi-area met ‘n ongelisensieerde vuurwapen doodgeskiet. Hy het op die plaas gewerk…
26 Jun 2024 4AM 1 min

Skool sekerheidswag in Kabokweni vermoor

Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, het die wrede moord op 'n sekuriteitswag by Malekutu Primary in Kabokweni, ten sterkste veroordeel. Elliot Mndlovu se lewelose liggaam is Sondag in die vroeë oggendure ontdek. Boewe het omstreeks 3-uur by die skoolperseel ingebreek. ‘n Sekuriteitsmaatskappy wat op die skool se…
25 Jun 2024 8AM 1 min

Vier vermeende onwettige mynwerkers vas

Operasie Vala Umgodi het nog vrugte afgewerp in Mpumalanga met die arrestasie van vier verdagtes gister. Polisiebeamptes het inligting opgevolg oor verdagte voertuie wat straks by onwettige mynboubedrywighede betrokke sou wees in Schoemanskloof en Machadodorp. In een voertuig is 20 sakke gouddraende materiaal ontdek en ‘n verdagte is aangekeer. In…
21 Jun 2024 9AM 1 min

Beloning uitgeloof vir inligting oor vermiste seuntjie van Pienaar

Die polisie in Mpumalanga se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywehet ‘n beloning van 20-duisend-Rand uitgeloof vir inligting oor ‘n sesjarige seuntjie wat al amper drie weke vermis word in Pienaar. Junior Mabandla is die middag van 3 Junie laas gesien toe hy sy ouerhuis verlaat het om ‘n…
21 Jun 2024 8AM 1 min

Pensioenaris vas wat glo bewysstukke weggooi

'n Voormalige AO wat intussen afgetree het, het gister in die Delmas-landdroshof verskyn vir beweerde regsverydeling en peuter met bewysstukke. Die 60-jarige Samuel Bassie Mahlangu se hofverskyning kom na hy glo bewysstukke in ‘n ondersoek na onwettige mynboubedrywighede in ‘n asblik weggegooi het. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga,…
19 Jun 2024 7AM 1 min

DA Mpumalanga reageer gemeng op nuwe kabinet

Die DA in Mpumalanga het grootliks die premier, Mandla Ndlovu se nuwe kabinet verwelkom as gesoute politici, maar het kapsie gemaak teen die behoud van enkeles. Bosman Grobler sê Sasekani Manzini gaan die gesondheidsektor verder vernietig en Speedy Mashilo behoort nie met Samewerkende Regering vertrou te word nie.
18 Jun 2024 7AM 1 min

Ermelo polisiekonstabel vasgetrek vir beweerde motorkaping

'n 35-jarige konstabel verbonde aan die Ermelo-polisiestasie is Sondag in hegtenis geneem op ‘n aanklag van motorkaping en die besit van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig. Dit volg na die kaping Saterdag van ‘n VW Polo. Die slagoffer het twee mans ‘n saamrygeleentheid gegee toe hulle hom ontvoer en gedwing het…
18 Jun 2024 5AM 1 min

Zimbabwiese man aangekla van twee moorde in eMalahleni

'n 29-jarige burger van Zimbabwe sal na verwagting vandag in die Emalahleni-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord wat afsonderlik in die Vosman-area gepleeg is. Nkosinathi Mashele is in Februarie aangerand en Sondag Nkosi is in Oktober 2022 doodgeskiet. Polisiebeamptes het die verdagte glo herken toe hy Donderdag in die…
18 Jun 2024 5AM 1 min

Renosterstroper 19 jaar tjoekie toe gestuur

'n Gewoonte-misdadiger is gister 19 jaar direkte gevangenisstraf opgelê deur die Skukuza-streekhof vir stroopverwante misdrywe. Sydney Silver Zitha is in Augustus 2018 deur veldwagters aangekeer, maar het gevlug na hy borgtog toegestaan is. Hy is in September 2018 weer aangekeer na hy 'n renoster in die Tshokwane-area van die wildtuin…
17 Jun 2024 5AM 1 min

Mannejag geloods na vermeende moordenaar

Die polisie soek ‘n verdagte wat na vermoede sy vriendin vermoor het in Buffelspruit naby Schoemansdal. Die 48-jarige Ntokozo Khaliphako se liggaam is op 4 Junie ontdek en die polisie glo haar mansvriend, wat intussen verdwyn het, is verantwoordelik. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle het 'n massiewe soektog…
14 Jun 2024 7AM 1 min

Mandla Ndlovu as Mpumalanga premier verkies

Die ANC se provinsiale voorsitter, Mandla Ndlovu, is vanoggend tot Mpumalanga premier verkies deur die wetgewer. Geen ander kandidate is vir die pos genomineer nie. Die voormalige burgemeester van Govan Mbeki plaaslike munisipaliteit, Lindi Masina, is onbestrede as Speaker verkies. Sam Masango, voorheen die tesourier van die ANC-jeugliga in die…
14 Jun 2024 5AM 1 min

Voormalige Govan Mbeki-burgemeester verkies tot Speaker in Mpu-wetgewer

Die Mpumalanga provinsiale wetgewer het vanoggend 'n nuwe Speaker, adjunkspeaker en Premier verkies. Die voormalige burgemeester van Govan Mbeki plaaslike munisipaliteit, Lindi Masina, is onbestrede as Speaker verkies. Sam Masango, voorheen die tesouries van die ANC-jeugliga in die provinsie, is haar adjunk. Die genomineerde premierskandidaat is die ANC se provinsiale…
14 Jun 2024 5AM 1 min

Mpumalanga-wetgewer hou môreoggend eerste sitting

Die Mpumalanga provinsiale wetgewer kom môreoggend byeen om nuwe lede in te sweer en 'n nuwe Speaker, adjunkspeaker en Premier te verkies. Die regerende ANC se steun het tydens die verkiesing beduidend - met 20 persentasiepunte - gedaal, maar die party het steeds 51-persent op hom verenig, en 27 setels…
13 Jun 2024 8AM 1 min

Man kry lewenslank vir moord op minderjarige vriendin in Masoyi

Die Hooggeregshof in Mpumalanga het ‘n burger van eSwatini gister skuldig bevind en gevonnis vir die moord in 2021 op sy minderjarige vriendin in Masoyi. Die 26-jarige Khulekani Mpendulo Maziya se 15-jarige vriendin, Confidence Nomfundo Mabuye, is op Kersdag 2021 as vermis aangemeld deur haar familie. In Augustus 2022 is…
13 Jun 2024 4AM 1 min

Verkragter tot lewenslank gevonnis

‘n 40-jarige man is lewenslange tronkstraf opgelê deur die KwaMhlanga-streekshof vir die verkragting van ‘n 15-jarige meisie. Abashon Posh Mayo en sy slagoffer was bure ten tyde van die voorval in 2012. Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, sê die hof het die voorgeskrewe vonnis opgelê…
12 Jun 2024 8AM 1 min
240 – 260