100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
260 – 280

Maatskappy-direkteur skuldig aan belastingbedrog

‘n Direkteur van vier maatskappye is Maandag skuldig bevind in die Gespesialiseerde Hof vir Kommersiële Misdade in Nelspruit op 12 aanklagte wat verband hou met geldwassery en oortreding van die Belastingwet. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is die ondersoek na Smangaliso Khoza agt jaar gelede van…
12 Jun 2024 5AM 1 min

Evander reeds agt dae sonder water

Die DA in Govan Mbeki-munisipaliteit het ‘n beroep gedoen op die ANC administrasie om ‘n gebeurlikheidsplan te ontwikkel om watertoevoer in Evander te verseker. Volgens Ansie van Marle, DA-raadslid, was inwoners teen gister reeds agt dae sonder water. Sy sê daar is nie ‘n noodpomp om langdurige onderbrekings te verhoed…
12 Jun 2024 4AM 1 min

Polisie vra inligting na ontdekking van twee liggame

Die polisie in Mpumalanga vra die publiek om na vore te kom met inligting na twee mense vermoor gevind is in afsonderlike voorvalle. ‘n Man met skietwonde is Maandag in Dingledale Trust naby Thulamahashe gevind. ‘n Vrou se verbrande liggaam is Sondag in bosse in Mphenyatsatsi naby Bosbokrand ontdek. Haar…
12 Jun 2024 4AM 1 min

Verdagtes gesoek na transitoroof in Mhala

Die Valke in Mpumalanga soek na gewapende rowers wat Saterdagmiddag ‘n transitoroof op twee Fidelity-voertuie uitgevoer het in die omgewing van Thulamahashe. ‘n Groep van ongeveer 20 gewapende aanvallers het glo toegeslaan en die bestuurder van die ondersteuningsvoertuig geskiet en gewond. Hulle het op die gepantserde voertuig geskiet om dit…
10 Jun 2024 4AM 1 min

Verdagtes gesoek na skietery in Hazyview

Die polisie ondersoek ‘n moord en poging tot moord wat gister laatmiddag in Hazyview gepleeg is. ‘n 35-jarige vrou is dood en ‘n man is gewond. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het die voorval by ‘n restaurant gebeur. Die slagoffers het in hul voertuig gesit toe twee…
7 Jun 2024 5AM 1 min

Valk aangekeer weens beweerde betalings van renosterstroping-sindikaat

‘n Sersant in die Valke het gister in die Nelspruit-streekshof verskyn op aanklagte van korrupsie, bedrog en regsverydeling. Volgens die Valke het die 47-jarige Kgaugelo Aubrey Mogale, ‘n lid van die ondersoekspan na Projek “Blood Orange”’, 6-duisend-Rand in betalings ontvang vanaf een van die beskuldigdes. “Blood Orange” ondersoek beweerde betalings…
5 Jun 2024 4AM 1 min

Brandstofpryse daal met meer as R1 per liter

Suid-Afrikaanse motoriste gaan om middernag 'n skerp daling in brandstofpryse ervaar. Albei grade petrol daal met R1.24 per liter, en diesel met R1.09 en R1.19 per liter.
4 Jun 2024 8AM 1 min

Mpumalanga premier trek haar kruisie in Witbank

Die Premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vanoggend saam met duisende ander Suid-Afrikaners in die ry ingeval om haar kruisie te trek in die algemene verkiesing. Sy het haar stem in Emalahleni uitgebring. Sy sê die enigste probleem tot dusver met stemmery in die provinsie was voorvalle Maandag in Hendrina…
29 May 2024 4AM 1 min

Premier en polisiekommissaris monitor stemmery in Hendrina

Die Mpumalanga Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vandag die spesiale stemmery in Hendrina gemonitor. Dit volg na die Verkiesingskommissie ‘n saak van intimidasie teen agente van twee politieke partye geopen het. Die premier is vergesel deur die provinsiale polisiekommissaris, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, om die voorval te ondersoek. Mtshweni-Tsipane sê enige individu…
28 May 2024 9AM 1 min

Mpumalanga gereed vir verkiesing

Die waarnemende LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Busisiwe Shiba, bevestig dat alle rolspelers in die sekuriteitsektor op ‘n hoë gereedheid-grondslag geplaas is vir môre se stemdag. Sy sê brandpunte is geïdentifiseer en almal se reg om vrylik te stem moet gerespekteer word. John Meintjies van die Laeveld Gesamentlike Operasionele Bevel…
28 May 2024 8AM 1 min

Pumas soek weer beker-oorwinning in Griekwas se agterplaas

Die Airlink Pumas takel die Suzuki Griekwas môre in die eindstryd van die SA Beker. Die Griekwas is onoorwonne in dié nuwe kompetisie, en is die enigste span wat die ewe indrukwekkende Pumas tydens die rondomtalie-fase kon wen. Die pienktruie het egter drie van hul laaste vyf kragmetings teen die…
24 May 2024 4AM 1 min

Premier oorhandig nuwe voertuie aan tradisionele leiers

Die Premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vandag verskeie nuwe voertuie aan tradisionele leiers oorhandig by Mbombela-stadion. Sy sê dit het ten doel om hul taak te vergemaklik wanneer hulle hul take in uitgebreide areas aan wydverspreide gemeenskappe uitvoer. Mtshweni-Tsipane sê dit is egter kommerwekkend om te hoor dat sekere…
23 May 2024 7AM 1 min

DA verkla ANC oor geweldadige gedrag in Steve Tshwete

Die DA sê dit het die norm geword vir ANC-lede om raadsvergaderings van Steve Tshwete-munisipaliteit te ontwrig. In die jongste voorval het raadslede Vrydag met geweldadige gedrag ‘n vergadering ontwrig waartydens ‘n mosie van wantroue in die burgemeester, Petros Masilela, gehoor sou word. Die DA-hoofsweep, Palesa Mobango, sê lede het…
23 May 2024 7AM 1 min

Stonehouse: Boland nie so maklik om te wen nie

Die Airlink Pumas en Boland Kavaliers sê mekaar vanaand in Mbombela die stryd aan in die SA Beker. Die Pumas moes verlede week teen die Griekwas in Kimberley die knie buig, maar staan steeds ‘n goeie kans om teen hulle in die eindstryd te staan te kom. Dit is die…
10 May 2024 5AM 1 min

Opwinding voor Lugskou die naweek in Nelspruit

Groot opwinding heers oor die ABSA Laeveld lugskou wat Saterdag plaasvind. Johan Heine van Kishugu sê dit behels ‘n intense vertoning van drie ure by een van die beste venues in Suid-Afrika om ‘n lugskou aan te bied: Die Ou Nelspruit-lughawe.
9 May 2024 4AM 1 min

DA ruk op oor dienslewering in Govan Mbeki-munisipaliteit

Die DA het Maandag onder leiding van die partyleier, John Steenhuisen, ‘n vreedsame optog in Bethal gehou teen swak dienslewering in Govan Mbeki-munisipaliteit. Volgens die DA-leier in Mpumalanga, Jane Sithole, ly die hele area weens die onbetroubare verskaffing van water en elektrisiteit. Hulle het ‘n memorandum van griewe aan die…
7 May 2024 4AM 1 min

Borgtog vir Mbombela-man wat homself glo as prokureur voordoen

Vyf beskuldigdes is gister borgtog toegestaan deur die Nelspruit-streekshof. Ses word aangekla van bedrog en die nabootsing van ‘n prokureur. Tshepo Mahlako, wat homself na bewering as ‘n prokureur voorgedoen het, en sy firma TC Mahlako is elk borgtog van 60-duisend-Rand toegestaan. Drie medebeskuldiges het borg gekry van 30-duisend-Rand. Die…
7 May 2024 4AM 1 min

Regering faal Lily Myn-gesinne steeds

Die regering hou aan om die gesinne van die Lily Myn-tragedie in die steek te laat. Dit is volgens Harry Mazibuko, die woordvoerder van die gesinne van Pretty Nkambule, Yvonne Mnisi en Solomon Nyirenda. Hul liggame bly sedert die ineenstorting van die myn in Februarie 2016 ondergronds vasgekeer. Mazibuko sê…
6 May 2024 8AM 1 min
260 – 280